![Hanrie Hill - Sosiale Media - Pro-Active Communications - Essential Skills Training and Coaching company - Communication skills. Hanrie Hill - Sosiale Media - Pro-Active Communications - Essential Skills Training and Coaching company - Communication skills.](https://www.pro-activecommunications.com/wp-content/uploads/2021/07/Presentation1-300x116.jpg)
Reëls op Sosiale Meda
Sosiale media is ‘n turksvy. Niks is meer geheim nie, al die heilige koeie is geslag en opgestop…
Die lewe is nou deursigtig, inligting is ‘n knoppie weg. Daar is soveel voorbeelde van mense wat hulle werk verloor het nadat hulle te spraaksaam was oor kollegas en bestuurders. Daar is selfs ‘n geval van ‘n regter in Florida wat in ‘n saak onbevoeg verklaar is, oordat hy en die aanklaer Facebook vriende was.
Ek stel voor dat jy Nuuskierige Nellie nooi op Linkedin. Sê dit is die profesionele persoon se Facebook. Laat dit bekend word dat dit jou beleid is om Linkedin te gebruik vir kollegas en werksituasies.
Onthou net dat Facebook al ‘n verleentheid was vir baie mense. Die virtuele wêreld ontplof met geheime. Werksure is defnitief nie Facebook tyd nie. Dis dalk hoekom jou baas jou wil bevriend…
Al plaas jy ‘n foto op Facebook en verwyder dit onmiddelik, dit kan nogsteeds geargief word en ‘n kopieë kan verskyn. Sosiale media duld nie impulsiwiteit of foute nie.
Dink so aan Facebook, voordat jy enige iets plaas, sou jy dit in jou plaaslike koerant wou lees…
Hierdie artikel was vir die Sarie tydskrif geskryf. (Julie 2014,bladsy 64)
Hanrie Hill
Kommunikasie-Spesialis
Kaapstad